Wie is ons?
Uit die Woord - Digitaal, is 'n nie-winsgewende organisasie wat inter-kerklik die Woord van God bedien aan alle mense van die wêreld.
Ons doel is om mense van Jesus Christus te leer, die Woord van God suiwer te verkondig, en God se Koninkryk op voetsoolvlak uit te brei deur diens van Barmhartigheid, Bybelverspreiding, Bejaardesorg en Jeugwerk.
Ons hoogste doel is om God te verheerlik deur ons dienswerk, en om ander Christene saam met ons op die avontuur van geloof in Jesus Christus te neem. Ons is gewone mense wat Jesus baie lief het, en met alles in ons vir Hom wil lewe.
Ons leraar wat al ons bediening behartig is Ds.Adriaan Swart, 'n voltydse predikant wat meer as 25 jaar in die bediening is.
Ds. Adriaan het in 1995 sy BA graad in Antieke tale (Grieks en Hebreeus) asook in Bybelkunde verwerf by die Universiteit van Pretoria, en sy Teologie opleiding CUM LAUDE behaal by die APA (Afrikaanse Protestantse Akademie) in Pretoria.
Hy bedien talle gemeentes in Suid-Afrika, Namibië en Engeland deur die loop van sy bediening, en Uit die Woord - Digitaal is sedert 2022 sy sodiale media bedienings-platvorm wat maandeliks ongeveer 70 000 mense bereik oor die wêreld.
Die Youtube kanaal van Uit die Woord - Digitaal het vanaf 2022 reeds 1 miljoen kyke van mense ontvang.

Ons bediening
Daaglikse oordenkings
Dis belangrik om die Here op 'n daaglikse wyse te dien. Ons nooi jou uit om deel te word van Uit die Woord - Digitaal se Daaglikse oordenkings op ons Whatsapp-groepe. Dis GRATIS! Stuur vir ons jou besonderhede na 082 739 9304, en ons voeg jou by een van ons groepe om elke dag 'n oordenking van ds.Adriaan Swart te ontvang.
Sondag-eredienste
Elke Sondag word 'n nuwe preek van ds. Adriaan Swart op Youtube beskikbaar gestel. Aktuele temas vanuit die Woord van God word op 'n passievolle wyse aan ons oorgedra, en ons nooi jou uit om saam met ons geestelik te groei tydens ons Sondag-eredienste. Die skakels van die eredienste word ook beskikbaar gestel op al ons sosiale media platvorms. Deel dit gerus met jou vriende en familie. Mag die boodskappe vir jou tot seën wees.
Bybelstudies
Uit die Woord - Digitaal bied elke jaar reekse Bybelstudies van ds. Adriaan Swart aan met interesaante temas. Tydens Pinkster word elke dag Bybelstudies beskikbaar gestel vir al ons lede, ons doen ook elke jaar 'n week van Gebed en Veertig dae van toewyding, waarin almal aangemoedig word om 'n pad saam met die Here uit Woord te loop. Hou asb ons webblad, en sosiale media platvorms dop vir nuwe reekse.
Uitreik-aksies
By Uit die Woord - Digitaal glo ons dat geloof op 'n praktiese wyse uitgeleef moet word. Ons is betrokke by verskillende projekte om 'n verskil in mense se lewens te maak:
Barmhartigheid:
Ons deel gereeld kruideniersware aan behoeftige gesinne uit, verskaf huisversting vir mense in nood, en deel die goeie nuus van Jesus met mense in nood. Bid asb vir ons uitreik-projekte en alle vrywilligers wat daarby betrokke is.
Bybelverspreiding:
Ons deel gereeld Bybels uit aan mens wat nog nooit hul eie Bybel besit het nie. Ons het die afgelope 3 jaar meer as 1000 Bybels uitgedeel in Suid-Afrika, Botswana en Namibië. Jou voorbidding en skenking maak 'n verskil! Dankie daarvoor!
Bejaardesorg:
Ons ondersteun bejaardes op geestelike en finansiële vlak, en probeer ondersteuning bied aan bejaarde mense wat dikwels deur die samelewing vergeet word. Bid asb vir ons werk wat gedoen word in alle dele van die samelwing.
Ons gee om...

Liam Verhoef
Uit die Woord - Digitaal en Ds.Adriaan Swart het vir Liam Verhoef tydens sy chemo-behandeling vir bloedkanker ondersteun. Ons het gereeld vir Liam in die hospitaal en by sy huis besoek en vir hom gebid. Almal wat by ons ingeskakel het is ook gevra om vir Liam aan die Here op te dra. Liam het sy jaarlange behandeling voltooi, en is tans in remissie. Ons eer die Here vir sy hand van genesing oor Liam, en dra hom en sy gesin aan die Here op.
Baie dankie aan Blue Blood Jack Russells wat aan Liam 'n pragtige hondjie geskenk het, om sy tyd in die hospitaal en by die huis makliker te maak.

Familie-geleenthede
Ds. Adriaan Swart bied gereeld geleenthede vir families aan, om geestelik toegerus te word. Hierdie geleenthede sluit ontbyte, dag-uitstappies en Bybelkampe in. By Uit die Woord - Digitaal is dit vir ons belangrik om families by te staan en toe te rus, sodat ons tot eer van die Here kan lewe.

Bybelverspreiding
Uit die Woord - Digitaal se passie is om Bybels uit te deel. Ons uitreik-aksies is betrokke in Port-Elisabeth, Caledon en in Gauteng en Noordwes. Die Woord van God moet aan mense beskikbaar wees sodat hulle God mag leer ken, en sy wil vir hulle lewens. Ons gee om vir elkeen wat 'n dors het na die Woord. Mag God elke Bybel wat uitgedeel word, gebruik in sy diens.


Kontak ons
Jy is baie welkom om met ons kontak te maak:



